A A A A A
2 Konings 19
3
Hulle het hom vertel: “So sê koning Hiskia: Dit is ’n dag van benoudheid, teregwysing en skande. Dit is soos ’n kind wat gereed is om gebore te word, maar die moeder het geen krag om geboorte te gee nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Hulle het vir Jesaja gesê: “Hiskia sê hierdie dag is 'n slegte dag, die Here straf ons vandag. Dit lyk of die Here ons gelos het. Dit is soos wanneer 'n baba al amper gebore word, maar sy ma is te swak om die baba te kry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Hulle het vir Jesaja gesê: “Hier is die koning se boodskap: ‘Vandag is hier net moeilikheid. Ons is beledig en verneder. Die situasie is so kritiek soos dié van ’n vrou wat in kraam is, maar wat nie krag het vir die geboorte nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Hulle het vir Jesaja gesê: “So sê Hiskia: Dit is 'n dag van rou. Ons is in die moeilikheid en ons is verneder. Ons is soos vrouens wat in die kraam is, maar nie die krag daarvoor het nie.
Afrikaanse Bybel 1983

3
En hulle sê vir hom: So sê Hisk¡a: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het gekom tot by die geboorte, maar daar is geen krag om te baar nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953