26 |
Hulle inwoners is magteloos, verskrik en beskaamd; soos gras op die veld, broos soos sagte groen gras; soos gras op ’n dak verskroei nog voordat dit opkom. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
26 |
Die mense wat in die stede gewoon het, was nie sterk nie. Hulle het geskrik, hulle het nie geweet wat om te doen nie. Hulle was soos die plante in die veld, soos groen bossies, soos gras op die plat dak van 'n huis. Die gras word droog en gaan dood voordat dit goed kan groei. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
26 |
daarom was hulle inwoners so kwesbaar en onvoorbereid op wat hulle sou tref soos grassprietjies wat bo-op ’n dak opslaan en dadelik doodgaan as die son skyn. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
26 |
Hulle inwoners was magteloos, verskrik en sonder raad, soos veldplante, soos groen gras, soos gras op 'n huis se dak: dit verskroei voor dit behoorlik staan. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
26 |
En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras op die dakke en brandkoring voordat dit are skiet. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|