A A A A A
2 Konings 19
16
Luister tog na my, o Here, en hoor wat ek sê. Maak tog u oë oop en kyk, Here! Luister hoe Sanherib die lewende God beledig!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
U moet asseblief luister, U moet hoor, U moet kyk en sien en hoor wat Sanherib sê. Hy het boodskappe gestuur om sleg te praat oor U, die God wat lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Luister asseblief tog na my gebed! Kyk bietjie, Here. Hoor net wat Sanherib alles sê, hoe hy die lewende God beledig!
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Hoor tog, Here, luister, kyk tog, Here, let tog op! “Hoor tog wat Sanherib gesê het; hy het U, die lewende God, in sy boodskap beledig!
Afrikaanse Bybel 1983

16
o HERE, neig u oor en luister. Open u oë, HERE, en kyk; en hoor die woorde van S nherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!
Afrikaanse Bybel 1933/1953