A A A A A
2 Konings 19
14
Nadat Hiskia die brief van die boodskappers ontvang en gelees het, gaan hy op na die Here se tempel toe en sprei dit oop voor die Here.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Hiskia het die briewe geneem wat die boodskappers gebring het, en hy het dit gelees. Toe het Hiskia na die tempel gegaan en hy het die briewe neergesit voor die Here.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Toe Hiskia die brief van die boodskappers af kry, het hy dit gelees. Daarna het hy tempel toe gegaan en dit voor die Here oopgesprei.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe voor die Here oopgesprei.
Afrikaanse Bybel 1983

14
En toe Hisk¡a die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hisk¡a het dit voor die aangesig van die HERE uitgesprei.
Afrikaanse Bybel 1933/1953