A A A A A
2 Konings 19
12
Het die gode van ander nasies hulle kom red, nasies soos Gosan, Haran, Resef en die inwoners van Eden wat in Telassar was? My voorgangers het hulle almal vernietig!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Het die ander volke se gode hulle gered toe my voorvaders hulle oorwin het? Nee. My voorvaders het al die mense van die stede Gosan en Haran oorwin, en ook die mense van die stad Resef en die mense van die land Eden wat in Telassar woon.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Het die gode van die ander volke hulle miskien gered? Dink maar aan Gosan, Haran, Resef en die mense van Eden in Telassar! My voorgangers het hulle almal oorwin.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Kon die gode van die nasies wat deur my voorgangers uitgedelg is, hulle red: Gosan, Haran, Resef, die mense van Eden in Telassar?
Afrikaanse Bybel 1983

12
Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered -- Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Tel ssar was?
Afrikaanse Bybel 1933/1953