11 |
Jy weet alte goed wat die konings van Assirië gedoen het waar hulle ook al gegaan het. Hulle het elkeen wat in hulle pad was, vernietig! Hoekom sou jy dit vryspring? |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Jy het self gehoor wat die koning van Assirië gedoen het met al die ander lande. Hy het daardie lande verwoes. Wie sal jou red? |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Jy weet mos dat die Assiriërs elke land wat hulle aangeval het, oorwin het. Waarom sal dit nou anders wees met julle? |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Jy het mos gehoor hoe die konings van Assirië die een land na die ander verwoes het. Sal jý dan vrykom? |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou u gered word? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|