A A A A A
2 Konings 18
1
In die derde jaar van koning Hosea seun van Ela se bewind in Israel het Hiskia seun van Agas koning van Juda geword.
2
Hy was 25 toe hy koning geword het en het 29 jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Abi dogter van Sagaria.
3
Hy het gedoen wat reg was vir die Here, net soos sy voorvader Dawid gedoen het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Hiskia seun van koning Agas van Juda het koning geword in die derde jaar nadat Hosea seun van Ela koning van Israel geword het.
2
Hiskia was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 29 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Abi dogter van Sagaria.
3
Hiskia het dinge gedoen waarvan die Here hou, soos sy voorvader Dawid ook gedoen het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
In die derde jaar wat koning Hosea seun van Ela in Israel regeer het, het Hiskia, die seun van Agas, koning in Juda geword.
2
Hiskia was 25 toe hy koning geword het en hy het 29 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Abi, ’n dogter van Sagaria.
3
Die Here was net so tevrede met sy optrede as wat Hy met koning Dawid was.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
In die derde regeringsjaar van koning Hosea van Israel, seun van Ela, het Hiskia seun van koning Agas van Juda op die troon gekom.
2
Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, 'n dogter van Sagaria.
3
Hiskia het gedoen wat reg is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En in die derde jaar van Hos,a, die seun van Ela, die koning van Israel, het Hisk¡a, die seun van Agas, die koning van Juda, koning geword.
2
Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Abi, 'n dogter van Sagar¡a.
3
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953