A A A A A
2 Konings 18
9
In die vierde regeringsjaar van koning Hiskia was Hosea seun van Ela in sy sewende regeringsjaar in Israel. In daardie jaar het koning Salmaneser van Assirië Israel aangeval en die stad Samaria beleër.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
In die vierde jaar nadat Hiskia koning geword het, in die sewende jaar nadat Hosea seun van Ela koning van Israel geword het, het koning Salmaneser van Assirië gekom en hy het Samaria van al die kante aangeval.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Gedurende die vierde jaar wat Hiskia regeer het (dit was in Hosea van Israel se sewende jaar), het koning Salmaneser van Assirië Israel aangeval en die hoofstad Samaria van die buitewêreld afgesny.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
In die vierde regeringsjaar van koning Hiskia, die sewende regeringsjaar van koning Hosea van Israel, seun van Ela, het koning Salmaneser van Assirië teen Samaria opgetrek en die stad beleër.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Maar in die vierde jaar van koning Hisk¡a -- dit was die sewende jaar van Hos,a, die seun van Ela, die koning van Israel -- het Salman,ser, die koning van Assirië, teen Samar¡a opgetrek en dit beleër;
Afrikaanse Bybel 1933/1953