8 |
Hy het ook die Filistyne verslaan, of dit buitepos was of vestingstad, en hulle tot so ver as Gasa en sy grondgebied onderwerp. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
Hiskia het die Filistyne oorwin tot by die stad Gasa en die plekke daar naby, hy het elke stad oorwin. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Hy het ook teen die Filistyne geveg en hulle verslaan. Hiskia het Gasa met sy hele gebied ingeneem: van die kleinste buitepos tot die grootste ommuurde stad. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Hy het die Filistyne verslaan en hulle teruggedryf, wagpos vir wagpos, vestingstad vir vestingstad, tot by Gasa en die gebied daar rondom. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Hy het die Filistyne verslaan tot by Gasa en sy grondgebied, van wagtoring af tot versterkte stad. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|