A A A A A
2 Konings 18
6
Hy het in alles getrou gebly aan die Here sonder dat hy afgedwaal het. Hy het al die gebooie wat die Here vir Moses gegee het, gehoorsaam.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Hy het aangehou om die Here te dien, hy het nie opgehou om dit te doen nie en hy was gehoorsaam aan die wette wat die Here vir Moses gegee het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Hy was baie lojaal aan die Here en het getrou al die wette nagekom wat die Here aan Moses gegee het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Hy was getrou aan die Here en het nie van Hom af weggedraai nie. Hiskia was gehoorsaam aan die gebooie wat die Here aan Moses gegee het.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953