A A A A A
2 Konings 18
5
Hiskia het op die Here, die God van Israel, vertrou. Daar was nie ’n koning in Juda soos hy nie, nie vóór hom of ná hom nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Hiskia het geglo dat die Here, die God van Israel, sal doen wat Hy gesê het. Daar was voor die tyd van Hiskia en ná sy tyd nie nog 'n koning van Juda soos Hiskia nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Hiskia het die Here, Israel se God, vertrou. Daar was nie vóór hom of ná hom so ’n koning in Juda soos hy nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Hiskia het op die Here die God van Israel vertrou. Nie een van al die konings van Juda voor of na Hiskia was soos hy nie.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda nhom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953