A A A A A
2 Konings 18
22
“Maar dalk sal julle sê: ‘Ons vertrou op die Here ons God!’ Is Hy dan nie die Een vir wie koning Hiskia beledig het nie? Dis mos al sy hoogtes en altare wat Hiskia afgebreek het en beveel het: ‘Elkeen in Juda moet net by hierdie altaar in Jerusalem aanbid!’
Afrikaanse Bybel NLV 2011

22
Julle sê vir my dat julle God die Here julle sal help, maar ek sê Hy sal dit nie doen nie, want Hiskia het julle God se offer-plekke en altare afgebreek. Hiskia het vir die mense van Juda en Jerusalem gesê hulle mag net bid by die brandoffer-altaar in Jerusalem.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

22
“Of dink julle dalk by julleself: ‘Ons vertrou op die Here, ons God’? Julle spot seker! Hiskia het Hom mos beledig en al sy altare en heilige plekke afgebreek. Toe het Hiskia self beveel: ‘Almal in Juda mag die Here net by die heiligdom in Jerusalem kom aanbid.’
Afrikaanse Bybel DB 2006

22
En as julle vir my wil sê julle vertrou op die Here julle God, dit is mos Hy wie se hoogtes en altare Hiskia laat verwoes het toe hy vir Juda en Jerusalem gesê het: ‘Julle moet net by hierdie altaar in Jerusalem aanbid.’
Afrikaanse Bybel 1983

22
Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God -- is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hisk¡a verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle buig?
Afrikaanse Bybel 1933/1953