A A A A A
2 Konings 18
21
Is dit op Egipte? Egipte is ’n versplinterde riet wat onder jou gewig breek en ’n gat deur jou hand steek. Dit is wat die farao van Egipte doen met almal wat op hom staatmaak!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Jy dink nou Egipte sal jou help, maar Egipte is soos 'n riet-kierie wat gebreek het. As jy op die riet druk, dan steek dit jou hand stukkend. Die farao, die koning van Egipte, is soos 'n riet-kierie vir almal wat dink dat hy hulle sal help.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
“Dink jy Egipte gaan jou teen my help? Egipte is net so min werd soos ’n geknakte riet wat ’n mens as kierie probeer gebruik. As jy op hom druk, steek hy deur jou hand. Die koning van Egipte het al sy vriende nog altyd in die steek gelaat.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Jy vertrou op Egipte, op 'n versplinterde riet wat jou in die hand steek en jou seermaak as jy op hom leun. Dit is wat die farao, die koning van Egipte, beteken vir almal wat op hom vertrou.
Afrikaanse Bybel 1983

21
Kyk nou, jy vertrou op die geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.
Afrikaanse Bybel 1933/1953