A A A A A
2 Konings 18
18
Hulle roep toe na koning Hiskia, maar die koning stuur die volgende beamptes na hulle toe: die paleisbestuurder Eljakim seun van Gilkija, die staatsekretaris Sebna, en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Asaf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Die offisiere het geskree en gevra waar die koning is. Eljakim seun van Gilkija, en Sebna en Joag, seun van Asaf, het na die offisiere toe gegaan. Hulle was die drie belangrikste amptenare van koning Hiskia.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Hulle het koning Hiskia laat roep, maar hy het drie amptenare gestuur om met hulle te onderhandel. Die drie was: Eljakim, Gilkija se seun wat hoof van die paleishuishouding was; Sebna, die staatsekretaris, en Joag, Asaf se seun, die staatshistorikus.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Hulle het na die koning geroep, en toe het die paleisbestuurder Eljakim seun van Gilkija, die staatsekretaris Sebna en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Asaf na hulle toe gegaan.
Afrikaanse Bybel 1983

18
En hulle het na die koning geroep. Daarop gaan ljakim, die seun van Hilk¡a, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, uit na hulle toe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953