A A A A A
2 Konings 18
16
Hy het selfs op daardie tydstip die goud wat hy self aan die deure en die kosyne van die Here se tempel aangebring het, afgestroop en dit alles aan die Assiriese koning gegee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Hiskia het ook in daardie tyd die goudplaat afgehaal wat hy aan die tempel se deure en aan die deure se rame laat sit het. Hy het dit vir die koning van Assirië gegee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Om genoeg goud te kry moes hy die goud afhaal wat hy self nog aan die deure en kosyne van die tempel vasgeslaan het. Hy het toe al die silwer en goud aan die koning van Assirië besorg.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Terselfdertyd moes hy die goudbeslag wat hy self laat aanbring het, van die deure van die tempel van die Here en van die deurposte afstroop om die koning van Assirië te betaal.
Afrikaanse Bybel 1983

16
In dieselfde tyd het Hisk¡a die goud van die deure in die tempel van die HERE afgesny en van die deurposte wat Hisk¡a, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953