13 |
In die veertiende jaar van koning Hiskia het koning Sanherib van Assirië gekom en al die vestingstede van Juda aangeval en verower. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Koning Sanherib van Assirië het al die sterk stede in die land Juda aangeval en hy het hulle oorwin. Dit was in die veertiende jaar nadat Hiskia koning geword het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Gedurende die veertiende jaar wat Hiskia regeer het, het koning Sanherib van Assirië Juda binnegeval en al die versterkte stede ingeneem. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
In die veertiende regeringsjaar van koning Hiskia het koning Sanherib van Assirië al die vestingstede in Juda aangeval en verower. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Maar in die veertiende jaar van koning Hisk¡a het S nherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|