A A A A A
2 Konings 18
12
Dit het gebeur omdat hulle nie geluister het na die Here hulle God nie. Hulle het sy verbond en al die gebooie wat die Here deur sy dienaar Moses gegee het, verbreek. Hulle wou nie daarna luister of dit gehoorsaam nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Dit het gebeur omdat die mense van Israel nie gehoorsaam was aan hulle God die Here nie. Hulle het nie gedoen wat die Here in sy verbond gesê het nie. Hulle het ook nie gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, gesê het nie. Hulle was ongehoorsaam en hulle het nie gedoen wat hulle moes doen nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Dit het gebeur omdat hulle nie gedoen het wat die Here hulle God van hulle verwag het nie. Hulle het die ooreenkoms wat die Here deur sy dienaar Moses met hulle gesluit het, verbreek. Hulle het hulle eenvoudig nie daaraan gesteur nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Dit was omdat die inwoners van Israel nie gehoorsaam was aan die Here hulle God nie. Hulle het die verbondsverpligtinge wat die Here op hulle gelê het, alles wat Moses die dienaar van die Here hulle beveel het, oortree. Hulle was ongehoorsaam en het die bevele nie uitgevoer nie.
Afrikaanse Bybel 1983

12
omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die HERE hulle God nie, maar sy verbond oortree het -- alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het -- sonder om daarna te luister en te handel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953