A A A A A
2 Konings 18
11
Die koning van Assirië het al die inwoners van Israel na Assirië toe weggevoer en hulle in Galag, langs die Gaborrivier in Gosan en die stede van die Mediërs hervestig.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Die koning van Assirië het die mense van Israel gevang en weggevat na Assirië. Hy het hulle laat woon in die stad Galag en by die Gabor-rivier in die land Gosan en in die stede van Medië.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Die Assiriese koning het die Israeliete as gevangenes na Assirië weggevoer. Hulle is in Galag, aan die Gaborrivier in Gosan en in die stede van Medië hervestig.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Die koning van Assirië het die inwoners van Israel as gevangenes na Assirië toe weggevoer en hulle hervestig in Galag en aan die Gaborrivier in Gosan en in die stede van Medië.
Afrikaanse Bybel 1983

11
En die koning van Assirië het Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat bly in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië;
Afrikaanse Bybel 1933/1953