A A A A A
2 Konings 18
1
In die derde jaar van koning Hosea seun van Ela se bewind in Israel het Hiskia seun van Agas koning van Juda geword.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Hiskia seun van koning Agas van Juda het koning geword in die derde jaar nadat Hosea seun van Ela koning van Israel geword het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
In die derde jaar wat koning Hosea seun van Ela in Israel regeer het, het Hiskia, die seun van Agas, koning in Juda geword.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
In die derde regeringsjaar van koning Hosea van Israel, seun van Ela, het Hiskia seun van koning Agas van Juda op die troon gekom.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En in die derde jaar van Hos,a, die seun van Ela, die koning van Israel, het Hisk¡a, die seun van Agas, die koning van Juda, koning geword.
Afrikaanse Bybel 1933/1953