A A A A A

2 Konings 16

9
Die koning van Assirië het toe so gemaak en teen Damaskus, hoofstad van die Arameërs, opgetrek en dit ingeneem. Hy het die inwoners as gevangenes weggeneem en hulle in Kir hervestig. Hy het ook koning Resin doodgemaak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die koning van Assirië het gedoen wat Agas gevra het. Hy het die stad Damaskus aangeval en gevat. Hy het die mense van die stad gevang en weggevat na die land Kir en hy het vir Resin doodgemaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Tiglat-Pileser het besluit om Agas te help. Hy het die Aramese hoofstad Damaskus aangeval en die inwoners na Kir weggevoer. Hy het ook vir koning Resin doodgemaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Die koning van Assirië het aan sy versoek voldoen en teen Damaskus opgetrek. Hy het die stad verower en die bevolking na Kir toe weggevoer; vir Resin het hy doodgemaak.
Afrikaanse Bybel 1983

9
En die koning van Assirië het na hom geluister, en die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit verower en hulle in ballingskap weggevoer na Kir en Resin gedood.
Afrikaanse Bybel 1933/1953