7 |
Koning Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pileser van Assirië met die boodskap: “Ek is u onderdaan en u seun. Kom en red my uit die mag van die koning van Aram en die koning van Israel, want hulle val my aan.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Agas het boodskappers gestuur na koning Tiglat-Pileser van Assirië en hy het vir hom gesê: “Ek sal alles doen wat jy sê, ek sal jou respekteer. Kom asseblief en red my van die koning van Aram en van die koning van Israel. Hulle val my aan.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Koning Agas het boodskappers na Tiglat-Pileser, die koning van Assirië, gestuur en vir hom gesê: “Ek is u dienaar en u onderdaan. Kom help my asseblief om die Arameërs en Israeliete se aanval af te slaan.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Toe stuur Agas 'n boodskap na koning Tiglat-Pileser van Assirië: “Ek is u onderdaan en seun. Ruk op en bevry my uit die mag van die koning van Aram en van die koning van Israel, hulle val my aan.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat teen my optree. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|