A A A A A

2 Konings 16

6
In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower, die Judeërs daaruit verdryf en Arameërs gestuur om daar te woon. Dit is nog so tot vandag toe.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Dit was in die tyd toe koning Resin van Aram die stad Elat teruggevat het. Elat het toe weer aan Aram behoort. Resin het die Judeërs daar weggejaag. Daar het toe Arameërs na Elat gekom, en hulle woon vandag nog daar.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Resin het egter Elat vir Aram teruggeneem en die Judeërs daaruit verjaag. Daar het toe Edomiete in die stad gaan bly. Hulle woon vandag nog daar.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
In daardie tyd het koning Resin van Aram die stad Elat vir Aram herower en die Judeërs daaruit verdryf. Arameërs het in Elat ingetrek en woon tot vandag toe daar.
Afrikaanse Bybel 1983

6
In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953