A A A A A

2 Konings 16

5
Koning Resin van Aram en koning Peka seun van Remalja van Israel het teen Agas oorlog verklaar. Hulle het Jerusalem beleër, maar dit nie verower nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
In die tyd toe Agas koning was, het Resin koning van Aram en Peka, seun van Remalja en koning van Israel, gekom om oorlog te maak teen Jerusalem. Hulle het hulle tente opgeslaan rondom die stad en hulle wou die stad aanval, maar hulle soldate kon nie in die stad inkom en begin oorlog maak nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
In daardie tyd het Resin, die koning van Aram, en Peka, die koning van Israel en seun van Remalja Juda aangeval. Hulle het Jerusalem beleër, maar kon nie die stad inneem nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Destyds het koning Resin van Aram en koning Peka van Israel, seun van Remalja, opgetrek om teen Jerusalem te veg. Hoewel hulle vir Agas beleër het, kon hulle nie 'n geveg afdwing nie.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit; maar hulle kon nie veg nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953