A A A A A

2 Konings 16

2
Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het en het sestien jaar in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat vir die Here reg was soos sy voorvader Dawid nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Agas was 20 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 16 jaar lank koning in Jerusalem. Hy was nie soos sy voorvader Dawid nie, hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Agas was twintig toe hy koning geword het en het sestien jaar lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie tevrede met wat Agas gedoen het nie, nie soos die geval was met koning Dawid, sy voorvader nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Agas was twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van die Here sy God soos sy voorvader Dawid nie.
Afrikaanse Bybel 1983

2
Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE sy God soos sy vader Dawid nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953