A A A A A

2 Konings 16

18
Hy het die oordekte gang vir die Sabbat wat hulle by die tempel gebou het, asook die buitenste ingang vir die koning, uit ontsag vir die koning van Assirië uit die tempelkompleks verwyder.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Hy het die pilaargang weggeneem wat hulle vir die Sabbatdag gebou het en ook die ingang waar die koning van buite ingegaan het na die tempel. Hy het gedoen wat die koning van Assirië wou hê.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Om sy ondergeskiktheid aan die Assiriese koning te bewys, het Agas die oordekte gang wat vroeër by die tempel aangebou is en net deur die koning op die sabbatdae gebruik is, laat afbreek. Hy het ook die spesiale koninklike ingang tot die tempel laat toemaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Die oordekte gang vir die sabbat wat hulle by die tempel gebou het, en die buitenste ingang vir die koning het hy ter wille van die koning van Assirië van die huis van die Here af verwyder.
Afrikaanse Bybel 1983

18
En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van die HERE verwyder ter wille van die koning van Assirië.
Afrikaanse Bybel 1933/1953