A A A A A

2 Konings 16

17
Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder, die waskomme weggevat, die waterbak opgelig waar dit op die gegote bronsbeeste gerus het en dit op ’n klipvloer neergesit.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Koning Agas het die plate van die kante van die waentjies laat afhaal en hy het dit weggeneem. Hy het die waterbak van die brons-beeste afgehaal en hy het dit op plat klippe laat neersit.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Agas het ook die syplate en wasbakke van die waterwaentjies weggevat. Hy het ook die groot waterbak, die “See”, van die beesbeelde van brons waarop dit gerus het, afgehaal en op die klipvloer neergesit.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Koning Agas het die sluitplate van die waentjies verwyder en die waskomme van hulle af geneem en die waterbak het hy opgelig van die beeste af wat van brons gemaak is, en op 'n klipvloer gesit.
Afrikaanse Bybel 1983

17
En koning Agas het die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op 'n klipvloer gesit.
Afrikaanse Bybel 1933/1953