A A A A A

2 Konings 16

10
Daarna het koning Agas na Damaskus toe gegaan om koning Tiglat-Pileser van Assirië te ontmoet. In Damaskus het ’n altaar sy aandag getrek. Hy stuur toe ’n afbeelding en die bouplanne daarvan na die priester Urija.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Koning Agas het vir koning Tiglat-Pileser gaan ontmoet in Damaskus. Toe Agas die altaar sien wat daar in Damaskus is, het hy 'n klein altaartjie gemaak wat dieselfde lyk en hy het dit saam met 'n plan van die altaar vir die priester Urija gestuur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Agas het Damaskus toe gereis om Tiglat-Pileser te gaan ontmoet. In Damaskus het hy ’n altaar gesien wat dadelik sy belangstelling gewek het. Hy het die afmetings en ’n model van die altaar aan die priester Urija gestuur en hom beveel om ’n replika daarvan te maak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Koning Agas het hierna Damaskus toe gegaan om vir koning Tiglat-Pileser van Assirië te ontmoet. Nadat Agas 'n altaar gesien het wat daar in Damaskus gestaan het, het hy aan die priester Urija 'n afbeelding en 'n model daarvan gestuur om dit getrou na te maak.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Toe trek koning Agas Tiglat-Pil,ser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester Ur¡a 'n tekening en afbeelding van die altaar volgens die hele inrigting daarvan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953