A A A A A

2 Konings 16

1
Agas seun van Jotam het in die sewentiende jaar van koning Peka se bewind in Israel oor Juda koning geword.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Agas seun van koning Jotam van Juda het koning geword in die sewentiende jaar nadat Peka seun van Remalja koning van Israel geword het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
In die sewentiende jaar wat koning Peka in Israel regeer het, het Agas, die seun van Jotam, koning in Juda geword.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
In die sewentiende regeringsjaar van Peka seun van Remalja het Agas seun van koning Jotam van Juda op die troon gekom.
Afrikaanse Bybel 1983

1
In die sewentiende jaar van Peka, die seun van Rem lia, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.
Afrikaanse Bybel 1933/1953