7 |
Obadja was nog op pad en dáár kom Elia hom tegemoet! Obadja het hom dadelik herken en voor hom neergebuig. “Is dit dan nie my heer Elia nie?” vra hy. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Obadja kry toe vir Elia op die pad, en hy het gesien wie dit is. Hy het gebuig en met sy gesig teen die grond gaan lê en gevra: “Meneer Elia, is dit jy?” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Terwyl Obadja nog so ry, sien hy skielik ’n man in die verte. Toe hy naby kom, het hy die man herken, voor hom op sy knieë neergeval en gesê: “Meneer Elia, is dit werklik u?” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Terwyl Obadja onderweg was, kom Elia hom meteens tegemoet. Obadja het hom herken en voor hom op sy knieë geval en gesê: “Maar u is mos Elia!” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
Terwyl Ob dja op pad was, kom El¡a hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer El¡a? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|