A A A A A
1 Konings 18
5
Agab het vir Obadja gesê: “Ons moet deur die hele land gaan en na elke fontein en spruit gaan kyk of ons nie êrens weiding vir minstens sommige van my perde en muile kan kry nie. Dan sal dit nie nodig wees om hulle dood te maak nie.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Agab het vir Obadja gesê: “Jy moet gaan na al die fonteine en al die valleie, miskien kry jy gras sodat die perde en die muile kan aanhou lewe. As julle dit nie doen nie, dan sal ons party van die diere moet doodmaak.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Agab het vir Obadja gesê hulle moet deur die hele land reis en by elke fontein en spruit vir ’n groenigheidjie gaan soek. As hulle genoeg kon kry, was dit nie nodig om al die perde en muile dood te maak nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
Agab het vir Obadja gesê: “Kom ons trek deur die land, na elke fontein en spruit toe. Dalk kry ons gras om die perde en muile aan die lewe te hou. Dan hoef ons nie van hulle dood te maak nie.”
Afrikaanse Bybel 1983

5
En Agab het vir Ob dja gesê: Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953