A A A A A
1 Konings 18
46
Die Here het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

46
Maar die Here het vir Elia sterk gemaak. Elia het sy klere vasgebind en hy het voor Agab gehardloop tot by Jisreël.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

46
Die Here het Elia wonderlike krag gegee sodat hy sy lang kleed om sy heupe vasgebind het en tot by die afdraaipad na Jisreël toe voor Agab se wa uit gehardloop het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

46
Die mag van die Here het vir Elia in besit geneem, en hy het sy mantel opgebind en voor Agab se wa uit gehardloop tot waar die pad uitdraai na Jisreël toe.
Afrikaanse Bybel 1983

46
maar die hand van die HERE was oor El¡a, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na J¡sreël.
Afrikaanse Bybel 1933/1953