A A A A A
1 Konings 18
40
Elia beveel hulle toe: “Gryp die profete van Baäl. Moenie dat ’n enkele een van hulle wegkom nie!” Die volk het hulle gegryp en Elia het hulle na die Kisonspruit laat afneem. Hy het hulle daar doodgemaak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

40
Elia het vir hulle gesê: “Vang die profete van Baäl, julle moenie dat een van hulle wegkom nie!” Hulle het die profete gevang, en Elia het die profete laat bring na die Kison-rivier. Daar het hy hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

40
Toe sê Elia vir die mense: “Gryp die Baälprofete. Moenie dat een wegkom nie.” Elia het hulle toe na die Kisonrivier geneem en gesorg dat hulle almal doodgemaak word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

40
Hierop sê Elia vir hulle: “Gryp die profete van Baäl! Nie een van hulle mag wegkom nie.” Toe die volk hulle gegryp het, het Elia die profete laat afbring na Kisonspruit toe en daar het hy hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel 1983

40
Maar El¡a sê vir hulle: Gryp die profete van Ba„l! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en El¡a het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
Afrikaanse Bybel 1933/1953