A A A A A
1 Konings 18
21
Elia het voor hulle gaan staan en gesê: “Hoe lank gaan julle nog weier om kant te kies? As die Here God is, volg Hom! Maar as dit Baäl is, volg hóm!” Die volk het egter niks geantwoord nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Elia het naby al die mense van Israel kom staan en gevra: “Hoe lank wil julle wag voordat julle besluit vir wie julle wil dien? As die Here God is, dan moet julle Hóm dien. Of, as Baäl God is, dan moet julle hóm dien.” Die mense het hom nie geantwoord nie, hulle het stilgebly.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Toe almal daar bymekaar was, het Elia vir hulle gesê: “Wanneer gaan julle besluit vir wie julle wil dien? As die Here die ware God is, volg Hom. Maar as julle Baäl as julle god wil dien, doen dit dan. Maak net vandag ’n keuse.” Die volk het doodstil gesit en nie ’n woord gesê nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Elia het voor die hele volk gaan staan en gesê: “Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm.” Die volk het hom nie 'n woord geantwoord nie.
Afrikaanse Bybel 1983

21
En El¡a het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Ba„l dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953