A A A A A
1 Konings 18
19
Maar laat die volk van Israel op Karmelberg bymekaarkom. Ook die 450 profete van Baäl en die 400 profete van Asjera wat Isebel onderhou, moet daar wees.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Maar nou, stuur boodskappers en sê al die leiers van Israel moet bymekaarkom op Karmel-berg, en ook die 450 profete van Baäl en die 400 profete van Asjera wat kos kry by Isebel.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Gebruik nou u gesag en laat die hele Israel saam met my op die berg Karmel bymekaarkom. Bring ook die 450 profete van Baäl saam, asook die 400 profete van Asjera vir wie Isebel kos en klere gee.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Roep vir my die hele Israel bymekaar op Karmelberg. Die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd van Asjera wat van Isebel se tafel af eet, moet ook daar wees.”
Afrikaanse Bybel 1983

19
Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Ba„l en die vier honderd profete van Asj,ra wat aan die tafel van Is,bel eet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953