A A A A A
2 Samuel 9
7
Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie! Ek sal na jou omsien ter wille van jou pa, Jonatan. Ek gee al die grond wat voorheen aan jou oupa Saul behoort het aan jou terug. Maar jy sal van nou af hier in my paleis eet.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Dawid het vir hom gesê: “Moenie bekommerd wees nie. Ek wil vir jou doen wat ek moet doen, ek het dit vir jou pa Jonatan belowe. Ek gee vir jou al die grond wat jou oupa Saul gehad het. En jy kan elke dag saam met my eet.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Dawid sê vir hom: “Moenie bang wees nie. Ek sal vir jou net goed wees omdat ek en jou pa, Jonatan, sulke goeie vriende was. Ek gaan al jou oupa Saul se grond vir jou teruggee, en jy kan altyd by my kom eet.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.”
Afrikaanse Bybel 1983

7
En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jonatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953