A A A A A
2 Samuel 9
6
Sy naam was Mefiboset. Hy was Jonatan se seun en Saul se kleinseun. Toe hy by Dawid kom, het hy op sy knieë gegaan en laag gebuig. “Mefiboset?” het Dawid gevra. “Ja, dis ek, u dienaar,” het hy geantwoord.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Toe Mefiboset seun van Jonatan seun van Saul by Dawid kom, het hy laag gebuig met sy gesig teen die grond. Dawid het gesê: “Mefiboset.” En Mefiboset het gesê: “Hier is ek, wat kan ek vir jou doen?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Toe Mefiboset, Jonatan se seun en Saul se kleinseun, by Dawid kom, het hy met sy gesig teen die grond gebuig. Dawid vra hom: “Is jy Mefiboset?” “Ja, dis ek. Ek is tot u diens,” antwoord hy.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig. “Mefiboset?” vra Dawid. “Ek is u onderdaan,” antwoord hy.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Toe Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefiboset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.
Afrikaanse Bybel 1933/1953