A A A A A
2 Samuel 9
10
Jy en jou seuns en jou slawe moet die landerye bewerk om kos te verskaf vir sy gesin. Mefiboset self sal egter hier in my paleis kom eet.” Siba, wat vyftien seuns en twintig slawe gehad het,
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Jy moet vir hom in sy grond werk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet die koring en die gars bring wat jy afgesny het, en die vrugte wat jy gepluk het, sodat jou meneer se seun kos sal hê om te eet. Mefiboset, die seun van jou meneer, moet elke dag saam met my eet.” Siba het 15 seuns gehad en 20 slawe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Jy en jou seuns en jou werkers moet die grond vir hom bewerk en vir hom oes sodat daar vir hom genoeg is om van te lewe. Mefiboset self kan altyd by my eet.” (Siba het vyftien seuns en twintig werkers gehad.)
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Jy en jou seuns en jou slawe moet vir hom die lande bewerk en die oes insamel sodat daar kos kan wees vir sy huishouding, en sodat hulle kan eet. Maar Mefiboset die kleinseun van Saul sal van nou af by my aan huis eet.” Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
Afrikaanse Bybel 1983

10
En jy moet vir hom die grond bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet voedsel inbring, dat die seun van jou heer brood het om te eet; maar Mefiboset, die seun van jou heer, sal altyddeur aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
Afrikaanse Bybel 1933/1953