A A A A A
2 Samuel 7
6
Vandat Ek die Israeliete uit Egipte gelei het tot nou toe het Ek nog nooit in ’n huis gewoon nie. My huis was ’n tentwoning wat van plek tot plek verskuif het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Ek vra dit, want Ek het nie in 'n tempel gewoon nie vandat Ek die Israeliete uit Egipte gebring het tot nou toe. Ek het saam met hulle rondgegaan in 'n tent of 'n tempel-tent.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
maar Ek het nog nooit in ’n huis gebly nie, van daardie tyd af wat Ek die Israeliete laat wegtrek het uit Egipte tot nou toe. Oral waar Ek gegaan het, was my woonplek ’n tent.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Vandat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het tot nou toe het Ek nog nooit in 'n huis gewoon nie. Ek het in tent en tabernakel rondgeswerf
Afrikaanse Bybel 1983

6
Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in 'n tentwoning.
Afrikaanse Bybel 1933/1953