28 |
Nou, oppermagtige Here, U is God en u woorde is waarheid. U het hierdie goeie dinge aan u dienaar belowe. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
28 |
En nou, Here, my Here, U alleen is God, en U sal doen wat U gesê het. U het hierdie goeie ding gesê oor u dienaar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
28 |
Groot Here, U alleen is God. U woorde word waar; ook hierdie mooi woorde wat U vir my gesê het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
28 |
“En nou, Here, U is God. U woorde sal bewaarheid word. U het hierdie goeie belofte aan u dienaar gemaak. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
28 |
En nou, Here HERE, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|