7 |
Maar nou moet julle sterk en moedig wees, want julle koning Saul is dood. Neem kennis dat die inwoners van Juda my as hulle nuwe koning gekroon het.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Julle koning Saul is nou dood, nou moet julle sterk wees en gereed wees om oorlog te maak. Daar is nog iets: Die Juda-stam het vir my gesalf om hulle koning te wees.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Noudat julle koning dood is, moet julle sterk en dapper wees. Ek wil hê julle moet weet die mense van Juda het my koning gemaak oor hulle.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Tree nou net moedig op en wees dapper, want julle koning Saul is wel dood, maar Juda het mý tot hulle koning gesalf.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|