A A A A A
2 Samuel 2
23
Maar Asael wou nie kopgee nie. Abner het toe sy spies agtertoe deur sy agtervolger Asael se maag gesteek sodat dit by sy rug uitgekom het. Hy het op die grond geval en gesterf. Elkeen wat daar verbygekom het, het gaan stilstaan by die plek waar Asael doodgemaak is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Maar Asael wou nie wegdraai nie, en Abner het hom toe met die agterkant van sy spies deur sy maag gesteek. Die spies het by Asael se rug uitgekom, en hy het daar geval en gesterf. Elkeen wat by die plek gekom het waar Asael geval en gesterf het, het gaan staan.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Maar Asael wou nie hoor nie. Toe steek Abner hom so hard met die spies in sy maag dat die steel by sy rug uitkom. Asael het net daar dood neergeslaan. Almal wat verbygehardloop het, het gaan staan daar waar Asael dood gelê het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Maar hy het bly weier om weg te draai. Toe steek Abner hom sommer na agter toe met die spies in die maag, sodat dit by sy rug uitkom. Asael het net daar in sy spore dood neergesak. Elkeen wat op die plek gekom het waar hy geval het, het 'n oomblik gaan staan.
Afrikaanse Bybel 1983

23
Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar Asahel geval en gesterwe het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953