22 |
Abner het weer vir hom geskree: “Hou op om my te agtervolg! Hoekom moet ek jou doodmaak? Hoe sal ek weer jou broer Joab in die oë kan kyk?” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Abner het weer gesê: “Jy moet wegdraai agter my. Ek wil jou nie doodmaak nie, want dan sal ek nie in jou broer Joab se oë kan kyk nie.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Abner skree toe weer vir hom: “Gee pad hier agter my! Ek gaan jou doodmaak! Hoe sal ek dan weer jou broer Joab in die oë kan kyk?” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Abner het weer vir hom gesê: “Gee pad agter my! Waarom moet ek jou doodmaak? Hoe sal ek jou broer Joab in die oë kan kyk?” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
En Abner sê nog 'n keer vir Asahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|