A A A A A
2 Samuel 17
6
Toe Gusai inkom, vertel Absalom hom wat Agitofel aanbeveel het. Daarna vra hy: “Wat dink jy hiervan? Moet ons Agitofel se raad volg? Indien nie, wat beveel jy aan?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Toe Gusai by Absalom kom, sê Absalom vir hom wat Agitofel gesê het. Absalom vra toe vir Gusai: “Moet ons dit doen of nie, wat dink jy?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Toe Gusai inkom, sê Absalom vir hom: “Dis wat Agitofel gesê het. Moet ons dit doen? As jy nie saamstem nie, moet jy praat.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Gusai het ingekom, en Absalom het vir hom gesê: “Dit is die voorstel van Agitofel. Moet ons dit aanvaar of nie? Hoe dink jy?”
Afrikaanse Bybel 1983

6
Toe Husai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitofel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953