A A A A A
2 Samuel 17
25
Absalom het Amasa in Joab se plek as bevelvoerder van sy leër aangestel. Amasa was Joab se neef. Sy pa was Jeter, ’n Ismaeliet. Sy ma, Abigal dogter van Nagas, was ’n suster van Joab se ma Seruja.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

25
Absalom het vir Amasa gekies en aangestel om die hoof van die leër te wees. Voorheen was Joab die hoof van die leër. Amasa was die seun van 'n man van die stad Jisreël. Die man se naam was Jitra. Jitra het geslaap by Abigal dogter van Nagas. Abigal was 'n suster van Seruja, Joab se ma.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

25
Absalom het vir Amasa aangestel as generaal in Joab se plek. (Amasa se pa was ’n man met die naam Jeter, ’n Israeliet wat met Abigal getroud was. Abigal was Nagas se dogter. Sy was weer ’n suster van Seruja, Joab se ma.)
Afrikaanse Bybel DB 2006

25
Absalom het vir Amasa in Joab se plek oor die leër aangestel. Amasa was die seun van 'n sekere Ismaeliet Jeter wat gemeenskap gehad het met Abigal dogter van Nagas. Sy was 'n suster van Seruja, Joab se ma.
Afrikaanse Bybel 1983

25
En Absalom het Am sa in Joab se plek oor die leër aangestel; en Am sa was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Ab¡gail, die dogter van Nahas, die suster van Seruja, Joab se moeder.
Afrikaanse Bybel 1933/1953