A A A A A
2 Samuel 17
21
Toe hulle weer weg is, het die twee jong manne uit die put geklim en hulle na Dawid toe gehaas. “Julle moet vannag nog gou die Jordaanrivier oorsteek!” sê hulle. Hulle vertel toe wat Agitofel aanbeveel het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Nadat hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim en hulle het die boodskap vir koning Dawid gaan gee. Hulle het vir Dawid gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet vinnig deur die water gaan.” Hulle het vir Dawid gesê wat Agitofel se plan was.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Na hulle weg is, het Jonatan en Agimaäs uit die put geklim en vir koning Dawid gaan sê watter plan Agitofel vir Absalom gegee het, en dat hy daarom baie gou deur die rivier moes gaan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Toe hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim en vir Dawid gaan sê: “Trek gou deur die rivier, want Agitofel se raad is gevaarlik vir u.”
Afrikaanse Bybel 1983

21
Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitofel teen julle raad gegee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953