20 |
Toe Absalom se manne daar aankom, vra hulle vir die vrou: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het geantwoord: “Hulle het die spruit oorgesteek.” Absalom se manne het oral rond gesoek, maar kon hulle nie kry nie, en is terug na Jerusalem toe. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
Toe Absalom se manne by die vrou by haar huis kom, vra hulle vir haar waar Agimaäs en Jonatan is. Die vrou sê toe vir hulle: “Hulle het verbygegaan na die water.” Die manne het vir Agimaäs en Jonatan gaan soek, maar die manne kon hulle nie kry nie, en toe het die manne teruggegaan na Jerusalem. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
Die manne van Absalom het in die vrou se huis ingegaan en vir haar gevra waar Agimaäs en Jonatan is. Sy het geantwoord: “Hulle is daar by die kraal verby af rivier toe.” Die manne het gesoek, maar niks gekry nie. Hulle is toe weer terug Jerusalem toe. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
Absalom se manne het by die huis aangekom en vir die vrou gevra: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het hulle geantwoord: “Hulle is hiervandaan rivier se kant toe.” Nadat die manne tevergeefs gesoek het, is hulle terug Jerusalem toe. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ah¡ma„s en Jonatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|