19 |
Die man se vrou het ’n doek oor die put gegooi en graan daarop gestrooi om in die son droog te word. Niemand sou hulle daar verwag nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Die vrou het 'n doek styf oor die put getrek en sy het koringkorrels daaroor gegooi sodat niemand die put kon sien nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
en die vrou het ’n doek oor die put gespan. Sy het garsmeel op die doek gegooi en dit oopgekrap sodat niemand iets sou agterkom nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
Sy vrou het 'n doek oor die put gespan en graan daar oor gegooi sodat niemand onraad kon merk nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|