A A A A A
2 Samuel 17
17
Jonatan en Agimaäs het by die Rogelfontein gewag. ’n Slavin het die boodskap vir koning Dawid aan hulle gebring, want iemand sou hulle dalk sien as hulle die stad binnegaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Jonatan en Agimaäs het by Rogel-fontein gewag, want hulle was bang dat die mense hulle in Jerusalem sal sien. 'n Slavin het vir hulle die boodskap gebring wat hulle vir koning Dawid moes bring.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Jonatan en Agimaäs het by Rogelfontein gewag, want niemand moes hulle in die stad sien nie. ’n Slavin sou vir hulle die boodskap bring, en hulle sou dit dan weer vir koning Dawid vat.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Omdat hulle nie in die stad gesien moes word nie, het Jonatan en Agimaäs ondertussen by Rogelfontein gewag. 'n Slavin het hulle gaan inlig, en hulle moes weer vir koning Dawid gaan inlig.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Intussen het Jonatan en Ah¡ma„s by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953