A A A A A
2 Samuel 17
16
“Laat weet vir Dawid dat hy nie vannag by die driwwe na die woestyn moet oornag nie. Hy moet dadelik deurtrek, anders kan hy en sy hele leër uitgewis word.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Gusai het gesê Sadok en Abjatar moet vinnig vir Dawid 'n boodskap stuur en vir hom sê: “Jy moenie vannag by die Jordaan- driwwe slaap nie, jy moet deur die rivier gaan. As jy dit nie doen nie, dan sal Absalom se mense jou daar kry en hulle sal jou en die mense by jou almal doodmaak.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Laat weet dadelik vir Dawid hy moenie vannag by die deurgaanplekke in die Jordaanvallei slaap nie. Hy moet deur die rivier gaan, anders is dit klaarpraat met die koning en die mense by hom.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Stuur nou gou en laat weet vir Dawid hy moenie vannag in die woestynpas slaap nie. Hy moet beslis verder trek, anders word hy en sy hele leër uitgewis.”
Afrikaanse Bybel 1983

16
Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig.
Afrikaanse Bybel 1933/1953