A A A A A
2 Samuel 17
13
En as hy dalk na ’n stad toe vlug, kan die hele Israel toue gaan haal en die stad wegsleep tot in die naaste vallei sodat daar nie meer ’n klip oorbly nie.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Of as hy in 'n stad gaan woon het, dan sal al die manne van Israel toue om daardie stad vasmaak en hulle sal die stad wegsleep tot in die vallei. Daar sal nie een klip oorbly nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
En as hy in ’n stad met mure om is, bring al die Israeliete toue en ons sleep daardie hele stad in die vallei in. Van daardie stad sal daar nie een klip op die ander oorbly nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
As hy hom dalk in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue oor die mure van daardie stad gooi en dit na die laagte toe wegsleep totdat daar nie meer 'n enkele klip oorbly nie.”
Afrikaanse Bybel 1983

13
En as hy hom in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953